Thursday, November 6, 2008

zaTILL Opdatering

Die zaTILL projek het nou 'n BLOG om dit makliker te maak om opdaterings en nuus uit te gee.

zaTILL is 'n gratis, oopbron projek om verkooppunt-sagteware te ontwikkel vir klein besighede in Suid Afrika. Die meeste besigheids-eienaars kan nie 'n POS pakket koop aan die begin nie aangesien dit so vreeslik duur is. Die idee is om 'n gratis stelsel te ontwikkel wat voldoen aan die vereistes van klein besighede sonder om 'n onnodige las op hardeware te plaas.

Die projek word begin Desember vrygestel, met opdaterings en nuusflitse wat deurentyd op die blog gelys sal word.

Wednesday, November 5, 2008

zaTILL

NoFuss Solutions het 'n nuwe verkoop-punt sagteware pakket wat volgende maand vrygestel word. Dis 'n OOPBRON (open source) Java verkoop-punt pakket. 'n Wat ? Dis 'n POS (Point of Sale) program, met bronkode!

Loer gerus volgende maand in by zaTILL se tuisblad vir meer inligting.

Dis dalk 'n goeie idee om iets soorgelyks te doen vir 'n projek, daar is nogal aanvraag vir goeie, betroubare oplossings in Suid Afrika vir kleiner besighede wat nie die duur, tradisionele oplossings kan bekostig nie.