Thursday, November 6, 2008

zaTILL Opdatering

Die zaTILL projek het nou 'n BLOG om dit makliker te maak om opdaterings en nuus uit te gee.

zaTILL is 'n gratis, oopbron projek om verkooppunt-sagteware te ontwikkel vir klein besighede in Suid Afrika. Die meeste besigheids-eienaars kan nie 'n POS pakket koop aan die begin nie aangesien dit so vreeslik duur is. Die idee is om 'n gratis stelsel te ontwikkel wat voldoen aan die vereistes van klein besighede sonder om 'n onnodige las op hardeware te plaas.

Die projek word begin Desember vrygestel, met opdaterings en nuusflitse wat deurentyd op die blog gelys sal word.

No comments:

Post a Comment