Saturday, August 9, 2008

Skooltake, projekte en huiswerk

Hallo.

Ons ontvang vreeslik baie navrae oor skooltake en projekte. Onthou tog asseblief dat ons in Java spesialiseer en jou nie kan help met jou geskiedenis taak nie, al wil ons ook hoe graag. Soveel ouers skryf vir ons om uit te vind oor walvisse of waar die spaarvarkie vandaan kom. Alhoewel ons julle frustrasie verstaan kan ons regtig nie hulpbronne aanwend vir navrae wat nie met ons Java-fokus te doen het nie.

Indien jy wel hulp soek met jou Java projek, of net sukkel met 'n stukkie Java huiswerk, stuur gerus vir ons 'n epos en ons sal jou so gou moontlik probeer help.

1 comment:

  1. Opdatering...

    Ons sal natuurlik enige tyd help met Java-verwante vrae, so as jy vashaak met jou IT huiswerk of PAT taak, stuur vir ons 'n epos sodat ons jou kan assisteer.

    ReplyDelete