Tuesday, January 27, 2009
Java vir Kinders word Java Kennis
Die JavaK webwerf is besig om drastiese veranderinge te ondergaan. Gaan loer gerus in by die nuwe blog van Java Kennis om meer te leer oor wat die toekoms inhou.
JavaK changed to Java Knowledge
JavaK is now more than two years old!
It's time we updated the site and philosophy of the site. Follow the JavaK Blog link to learn more.

Thursday, November 6, 2008
zaTILL Opdatering
Die zaTILL projek het nou 'n BLOG om dit makliker te maak om opdaterings en nuus uit te gee.
zaTILL is 'n gratis, oopbron projek om verkooppunt-sagteware te ontwikkel vir klein besighede in Suid Afrika. Die meeste besigheids-eienaars kan nie 'n POS pakket koop aan die begin nie aangesien dit so vreeslik duur is. Die idee is om 'n gratis stelsel te ontwikkel wat voldoen aan die vereistes van klein besighede sonder om 'n onnodige las op hardeware te plaas.
Die projek word begin Desember vrygestel, met opdaterings en nuusflitse wat deurentyd op die blog gelys sal word.

Wednesday, November 5, 2008
zaTILL
NoFuss Solutions het 'n nuwe verkoop-punt sagteware pakket wat volgende maand vrygestel word. Dis 'n OOPBRON (open source) Java verkoop-punt pakket. 'n Wat ? Dis 'n POS (Point of Sale) program, met bronkode!
Loer gerus volgende maand in by zaTILL se tuisblad vir meer inligting.
Dis dalk 'n goeie idee om iets soorgelyks te doen vir 'n projek, daar is nogal aanvraag vir goeie, betroubare oplossings in Suid Afrika vir kleiner besighede wat nie die duur, tradisionele oplossings kan bekostig nie.

Sunday, October 26, 2008
Java Take, Projekte en Huiswerk
Dankie vir al die eposse oor take, huiswerk en projekte. Ek wil julle ALMAL baie graag help, maar daar is net nie genoeg tyd in elke dag nie. Tans hou ek 'n databasis van versoeke aan (in H2 Database, dis fantasties!) en sodra daar genoeg navraag is na 'n onderwerp, skryf ek 'n kort artikeltjie vir JavaK.
Ek kan egter nie help met jou taak of projek nie. Die webwerwe word gratis aangebied en ek ontvang geen direkte vergoeding vir die ure wat hier ingesit word nie. Daarom maak dit net nie sin om individueel te help met take of projekte nie.
As jy nie die antwoord op een van my webwerwe kry nie, stuur 'n epos en ek sal probeer antwoord. As ek nie vinnig genoeg reageer nie, is die kans goed dat jy nie die enigste een is wat 'n vragie aangestuur het nie!

Op en aan die gang
Die nuwe Java webwerf is aan die gang! Die eerste les fokus op die gebruik van die NetBeans omgewing om vinnig 'n klein programmetjie te skryf en dien as 'n inleiding tot Java programmering. Volgende week word les twee gelaai wat fokus op lusse (loops) in Java.
Die eerste paar lesse in die reeks help gebruikers om hulle voete te vind met Java. Die plan is om stadig in Java in te beweeg en te vorder tot by databasis-applikasies en natuurlik grafiese koppelvlakke. Kom loer gerus hier in vir nuus!
Die gratis Java lesse is beskikbaar vir almal en alles wat jy nodig het is gratis beskikbaar op die internet. Daar is verskeie fantastiese Java kursusse beskikbaar op die Net, maar bitter min Afrikaanse inligting. Ons poging sal hopelik die leemte 'n bietjie aanspreek.

Friday, October 24, 2008
Nuwe webwerf
Daar is 'n nuwe webwerf by NoFuss Solutions vir diegene wat dalk nie Java op skool het nie. Dis meer gemik op die van julle wat Java doen vir 'n stokperdjie eerder as 'n skool vak. Die klem val dus meer op die algemene gebruike van Java en aanvaar dat mense nie noodwendig Java agtergrond het nie.
Die idee agter die nuwe webwerf is om meer Afrikaanse gebruikers 'n kans te gee om die Java-taal te ontdek en te verken. Baie mense het ons gekontak en gevra dat ons tog een of twee Afrikaanse inleidings tot Java moet publiseer. Deur die volgende paar weke gaan ons dus die artikels daar uitbrei om julle ook tegemoet te kom.

Subscribe to:
Posts (Atom)